Tisj'a be'Aw

'n Groep Jode resiteer die Kinot by die Westelike Muur. Een van die gewoontes is om op hierdie dag op die vloer eerder as op stoele te sit
'n Groep Jode resiteer op Tisj'a be'Aw die Kinot by die Westelike Muur
Jode bid tydens Tisj'a be'Aw aan die Westelike Muur in Jerusalem
Uitgegrawe klippe uit die Westelike Muur van die Tempelberg (Jerusalem, Israel), wat in 70 n.C. deur Romeinse muurbrekers op die straat geslaan is
Vernietiging van die Tempel in Jerusalem, skildery deur Francesco Hayez, 1867
Tisj'a be'Aw in die sinagoge, skildery deur Leopold Horovitz, 1887

Tisj'a be'Aw (Hebreeus: תשעה באב, [tiʃʕa bəˈʔav], , letterlik: "Negende in Aw") is 'n rou- en vasdag in Judaïsme, genoem na die negende dag (Tisj'a) van die maand Aw in die Joodse kalender. Die vas (bid en sonder kos bly) herdenk die vernietiging van beide die Salomo se Tempel deur die Nieu-Babiloniese Ryk en die Tweede Tempel deur die Romeinse Ryk in Jerusalem, wat oor die 656 jaar uitmekaar plaasgevind het, maar beide op dieselfde datum in die Joodse kalender val. Daarom word die dag "die hartseerste dag in die Joodse geskiedenis" genoem en dit is dus 'n dag wat glo vir tragedie bestem is.[1][2] Tisj'a be'Aw is in Julie of Augustus van die Gregoriaanse kalender.

  1. (en) Elozor Barclay; Yitzchok Jaeger (2003). Guidelines: Over Four Hundred of the Most Commonly Asked Questions about the Three Weeks. Targum Press. p. 65. ISBN 978-1-56871-254-3. Hashem condemned this day to become destined for national disasters throughout history...
  2. (en) Pinchos Yehoshua Ellis (2005). Seasons in halacha. Targum Press. p. 267. ISBN 978-1-56871-369-4. Tisha B'Av initially became destined for tragedy...

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search